Archive for Mei, 2010

Kyk! NOG!!

Mei 22, 2010

kyk as jy kan!! 🙂

NOG is hier! en my hart gloei onophoudelik!
reply sommer op hierdie epos as jy wil bestel. SPESIAAL vir my briefbende wat gereeld hierdie skryfseltjie kry: R 120 – pos en pak ingesluit (dubbel CD, 26 snitte + 2 bonus CD Rom-dvd’s) – net tot einde junie 2010. noem dit maar ‘n sokker special as jy wil 🙂

saterdag sit ek in die vodashop in somerset-wes. dis woelig. onrustig. in die winkel sowel as buite in die straat. naweekgekheid. geskarrel en gejaag. lewe op beserkte loop.

in die blou lug bokant alles sirkel ‘n swerm groot wit voëls stadig, statig, ongesteurd … om en om en om – in die beeldskone, ritmiese, betowerende oerritueel van migrasie. “kyk!”, sê ek vir die tegnikus wat oor my foon gebuig sit, “kyk daar buite, kyk hoe mooi!” en vir ‘n oomblik lig die draaiende vlerke ons uit onsself uit op, uit die omringende onrus, na ‘n stil, skoon plek, waar drome en nuwe moontlikhede oop en asemrowend ontvanklik is …

my oë bly daar vasgenael. die tegnikus keer, argeloos, terug na sy werk.

en ek dink: so is dit soms met ‘n mens wanneer jy iets groots en ingrypends in jou lewe ervaar, soos die geboorte van ‘n kosbaarheid of die dood van ‘n geliefde: jou hart en jou kop bly verweef daarmee, vir jou staan die wêreld tydelik stil, jy sirkel, noodwendig, om en om en om die plek van vertrek en van nuwe begin – terwyl die alledaagse onbewus, onaangeraak, om jou voortspoed.

NOG, my nuwe CD doen dit vir my. ek wil net vir nog ‘n tydjie stilstaan, sirkel, dankbaar wees …
dalk doen pinkster dit ook hierdie jaar vir jou?
dalk het iets anders jou op die oomblik op so ‘n verwonderplek
kom ons koester wat vir ons kosbaar is

Annalise Wiid
http://www.annalisewiid.co.za

Advertisements