kyk as jy kan!! ![]()
NOG is hier! en my hart gloei onophoudelik!
reply sommer op hierdie epos as jy wil bestel. SPESIAAL vir my briefbende wat gereeld hierdie skryfseltjie kry: R 120 – pos en pak ingesluit (dubbel CD, 26 snitte + 2 bonus CD Rom-dvd’s) – net tot einde junie 2010. noem dit maar ‘n sokker special as jy wil
saterdag sit ek in die vodashop in somerset-wes. dis woelig. onrustig. in die winkel sowel as buite in die straat. naweekgekheid. geskarrel en gejaag. lewe op beserkte loop.
in die blou lug bokant alles sirkel ‘n swerm groot wit voëls stadig, statig, ongesteurd … om en om en om – in die beeldskone, ritmiese, betowerende oerritueel van migrasie. “kyk!”, sê ek vir die tegnikus wat oor my foon gebuig sit, “kyk daar buite, kyk hoe mooi!” en vir ‘n oomblik lig die draaiende vlerke ons uit onsself uit op, uit die omringende onrus, na ‘n stil, skoon plek, waar drome en nuwe moontlikhede oop en asemrowend ontvanklik is …
my oë bly daar vasgenael. die tegnikus keer, argeloos, terug na sy werk.
en ek dink: so is dit soms met ‘n mens wanneer jy iets groots en ingrypends in jou lewe ervaar, soos die geboorte van ‘n kosbaarheid of die dood van ‘n geliefde: jou hart en jou kop bly verweef daarmee, vir jou staan die wêreld tydelik stil, jy sirkel, noodwendig, om en om en om die plek van vertrek en van nuwe begin – terwyl die alledaagse onbewus, onaangeraak, om jou voortspoed.
NOG, my nuwe CD doen dit vir my. ek wil net vir nog ‘n tydjie stilstaan, sirkel, dankbaar wees …
dalk doen pinkster dit ook hierdie jaar vir jou?
dalk het iets anders jou op die oomblik op so ‘n verwonderplek
kom ons koester wat vir ons kosbaar is
Annalise Wiid
www.annalisewiid.co.za
Mei 26, 2010 at 7:15 vm |
More Annalise!
Ek sit agter die rekenaar met emosies wat baie vlak lê die afgelope paar dae. Tot dusver het elke cd en skrywe van jou dit vir my gedoen. Pinkster hierdie jaar was ook besonders al wil die dominee so baie aanhalings gebruik. Terwyl ek hard probeer om my self te balanseer op die stoel, sit ons vyf maande oue Jack Russel, Hunter, op my skoot en bewe van die koue winterluggie. Maar hierdie woef is my stertjie, die skadu van my skadu. Volg my oral en as ek kom sit en skryf, kom sit hy op my skoot en verwonder hom aan sy nonna se konsentrasie. Ek wil groot asseblief ‘n cd by jou kom afhaal as dit moontlik is. Met die besef dat jy ‘n nuwe baba die lig laat sien het, het ek net geweet ek het hierdie sielskos nodig. Laat weet my waar en wanneer, en ek kry dit vinnig. Dankie vir jou sielsdeel, jou stap saam met Papa. Ek kan en wil nooit weer sonder Hom wees nie.
Mooi dag vir jou in ons mooi Helderbergkom
Charlene